PRETORIASE AKADEMIE
VIR CHRISTELIK-VOLKSEIE HOËR ONDERWYS from 10-01-2006
After Evaluation of study programmes : Accreditation Granted 11-01-2006
NOAK (Nagraadse Onderwysers-Afrondingskursus)
Die Pretoriase Akademie vir Christelik-volkseie Hoër Onderwys bied
vanaf 2005 'n Nagraadse Onderwysers- Afrondingskursus in Afrikaans deur middel van korrespondensie aan. Die kursus kan oor
1 jaar (Voltyds) of 2 jaar (Deeltyds) deurloop word. Die kursus is min of meer verteenwoordigend van die bekende HOD (Hoër
Onderwys Diploma) met bywerkings om die nuutste ontwikkelings op onderwysgebied in te sluit.
Die kredietpuntstelsel (in lyn met die vereistes en ontwikkeling op die gebied), word gevolg; dus verteenwoordig 1 kredietpunt
10 ure wat die leerder aan die studiemateriaal moet bestee; insluitende:
-
voorbereidingstyd;
-
opleeswerk;
-
taak-uitvoering;
-
kontaksessies; en
-
assessering.
'n Lys van die verskillende vakke, vlakke, kwartale en krediete word hierby ingesluit.
Die krediete vir praktiese proefonderwys word verdien deurdat die student by 'n skool diens moet verrig. Indien die
student reeds voltyds skoolhou, sal die totale krediete versamel kan word deur 2 praktiese assesseringsessies gedurende elke
jaar van studie in sy/haar klaskamer tydens onderrig (dus 4 in totaal). Studente wat nie voltyds in die onderwysberoep staan
nie, sal 2 weke in die eerste studiejaar en 3 weke in die tweede studiejaar (of gelykstaande ure) diens by 'n skool moet verrig.
Hierdie dienste moet insluit:
-
fisiese klasaanbieding
-
nasienwerk
-
opstel van vraestelle
-
merk van vraestelle
-
toesighouding.
So 'n student sal ook aan 2 praktiese assesserings per jaar onderwerp word (dus ook 4 in totaal). Voltydse studente
moet dus 5 weke diens gedurende 'n jaar verrig, welke dienste ten minste een onderbreking moet insluit, maar kan dit ook op
aflosbasis hanteer met minstens 1 week per keer. Die PA vir CVHO help studente wat nie in die onderwysberoep staan nie met
plasings vir praktiese proefonderwys en sulke dienste is onderworpe aan goedkeuring van die PA vir CVHO se bestuur. Dit bly
egter steeds die student se verantwoordelikheid om die PA vir CVHO van die nodige bewyse te voorsien dat sodanige dienste
wel gelewer is. Hierdie getuienis sal in die student se Portefeulje van Bevoegdheid geliasseer word saam met ander bewyse
soos take, toetse en vraestelle.
NOAK (Nagraadse Onderwysers-Afrondingskursus) KREDIETE & VAKKE
Jaar |
Kwartaal |
Kode |
Vak |
Krediete * |
Totaal |
1 |
1 |
OPK110 |
Opvoedkunde I |
5 |
|
|
|
1 |
1 |
BGK110 |
Burgerkunde |
4 |
|
|
|
1 |
1 |
OWK110 |
Onderwysreg |
4 |
13 |
|
|
1 |
2 |
OPK110 |
Opvoedkunde I |
5 |
|
|
|
1 |
2 |
UGO120 |
Uitkomsgerigte Onderwys |
4 |
|
|
|
1 |
2 |
KKP1 |
Klaskamerpraktyk |
4 |
13 |
26 |
|
1 |
3 |
OPK230 |
Opvoedkunde II |
5 |
|
|
|
1 |
3 |
OMA130 |
Onderrigmedium Afrikaans |
4 |
|
|
|
1 |
3 |
RKG130 |
Rekenaargeletterdheid |
4 |
|
|
|
1 |
3 |
PRO130 |
Praktiese Onderwys |
4 |
17 |
|
|
1 |
4 |
OPK240 |
Opvoedkunde II |
5 |
|
|
|
1 |
4 |
OWB130 |
Onderwysbestuur |
4 |
|
|
|
1 |
4 |
CWL140 |
Calvinistiese Wetenskapsleer |
4 |
13 |
30 |
56 |
2 |
1 |
OPK300 |
Opvoedkunde III |
5 |
|
|
|
2 |
1 |
VDR300 |
Vakdidaktiek Rekeningkunde |
4 |
|
|
|
2 |
1 |
VBE300 |
Vakdidaktiek Bedryfsekonomie |
4 |
|
|
|
2 |
1 |
NMD300 |
Navorsingsmetodiek |
4 |
21 |
|
|
2 |
2 |
OPK300 |
Opvoedkunde III |
5 |
|
|
|
2 |
2 |
VDR300 |
Vakdidaktiek Rekeningkunde |
4 |
|
|
|
2 |
2 |
VBE300 |
Vakdidaktiek Bedryfsekonomie |
4 |
|
|
|
2 |
2 |
NMD300 |
Navorsingsmetodiek |
4 |
21 |
42 |
|
2 |
3 |
OPK300 |
Opvoedkunde III |
5 |
|
|
|
2 |
3 |
VDR300 |
Vakdidaktiek Rekeningkunde |
4 |
|
|
|
2 |
3 |
VBE300 |
Vakdidaktiek Bedryfsekonomie |
4 |
|
|
|
2 |
3 |
ASS330 |
Assessering |
4 |
|
|
|
2 |
3 |
GNM330 |
Gevorderde Navorsingsmetodiek |
4 |
21 |
|
|
2 |
4 |
OPK300 |
Opvoedkunde III |
5 |
|
|
|
2 |
4 |
VDR300 |
Vakdidaktiek Rekeningkunde |
4 |
|
|
|
2 |
4 |
VBE300 |
Vakdidaktiek Bedryfsekonomie |
4 |
|
|
|
2 |
4 |
GNM340 |
Gevorderde Navorsingsmetodiek |
4 |
|
|
|
2 |
4 |
PRO340 |
Praktiese Onderwys Finaal |
5 |
22 |
43 |
85 |
|
141 |
ASSESERING
Kwartaal 1
Afdeling 1: Hoekom word daar geassesseer?
Afdeling 2: Hoe leerders geassesseer kan word
Afdeling 3: Assesseringskomponente
Afdeling 4: Portefeuljes
Afdeling 5: Opname van leerder-prestasie
Afdeling 6: Verslagdoening oor leerder-prestasie
Afdeling 7: Moderering
Afdeling 8: Assesseringsriglyne vir
lewensoriëntering
Afdeling 9: Beplanningsraamwerk
-
1 Werksopdrag
-
1 Skriftelike vraestel
Verpligte handboek:
Geen verpligte handboek word voorgeskryf nie, maar studente word voorsien van 'n werkboek wat deur 'n kundige opgestel
is.
BURGERKUNDE
Afdeling 1: Wêreldgeskiedenis
Afdeling 2: Suid-Afrikaanse geskiedenis
Afdeling 3: Afrikaans en taalgeskiedenis
Afdeling 4: Afrika-aangeleenthede
Afdeling 5: Hedendaagse tendense en probleme
Afdeling 6: Grondwetlike aangeleenthede en staatsgesag
Afdeling 7: Statistiese gegewens van Suid-Afrika
Afdeling 8: Allerlei
-
1 Werksopdrag
-
1 Skriftelike vraestel
Voorgeskrewe handboek:
Geen verpligte handboek nie. 'n Bundel afgerolde
aantekeninge, artikels en uittrekelsels oor die geselekteerde onderwerpe moet egter deurgewerk word.
CALVINISTIESE WETENSKAPSLEER
Kwartaal 1:
Afdeling 1: 'n Analise van lewens-
en wêreldbeskouing
Afdeling 2: Die protestants-christelike (Calvinistiese)
lewens- en wêreldbeskouing
Afdeling 3: Wat is wetenskap?
Afdeling 4: Die kenbronne, doel en grense van
wetenskap
Afdeling 5: Die wedersydse verhouding van lewens-
en wêreldbeskouing en wetenskap
Afdeling 6: Die mens in die wetenskap
Afdeling 7: Wetenskaplike vryheid
Afdeling 8: Wetenskaplike waarheid
Afdeling 9: Wetenskaplike kenne
Afdeling 10: Christelike (?) wetenskap.
-
1 Werksopdrag
-
1 Skriftelike vraestel
Voorgeskrewe handboek:
H.G. Stoker. 1969. Beginsels en metodes in
die wetenskap. Johannesburg : De Jong.
KLASKAMERPRAKTYK
Afdeling 1: Geprogrammeerde onderrig
Afdeling 2: Onderrigmetodes
Afdeling 3: Lestipes
Afdeling 4: Lesbeplanning
Afdeling 5: Hulpmiddele in die klaskamer
Afdeling 6: Vraagstelling
Afdeling 7: Kommunikasie-aspekte
-
1 Werksopdrag
-
1 Skriftelike vraestel
Verpligte handboek:
Geen verpligte handboek nie. Die geselekteerde
onderwerpe word deur middel van aantekeninge, artikels en oefeninge in 'n werkboek verskaf.
NAVORSINGSMETODIEK
Kwartaal 1
Afdeling 1: Navorsing as deel van die wetenskap
Afdeling 2: Metodes van navorsing
Kwartaal 2
Afdeling 3: Toepassing van navorsingsmetodes
Afdeling 4: Gebruik van gegewens verkry deur navorsing
-
2 Werksopdragte
-
1 Skriftelike vraestel
Verpligte handboek:
Geen verpligte handboek word voorgeskryf nie. 'n Werkboek word wel voorsien wat deur 'n kundige opgestel is.
NAVORSINGSMETODIEK (GEVORDERD)
Kwartaal 1
Afdeling 1: Toepassing van verskillende navorsingsmetodes in die onderwys
Afdeling 2: Beplanning van 'n eie navorsingsprojek
Afdeling 3: Skryf van 'n navorsingsvoorstel
Kwartaal 2
Afdeling 4: Onafhanklike navorsingsprojek
ONDERRIGMEDIUM AFRIKAANS
Kwartaal 1
Afdeling 1: Leesvaardigheid
Afdeling 2: Afrikaans en sy sprekers
Afdeling 3: Klankleer
Afdeling 4: Woordbou / Morfologie
Afdeling 5: Sinsdele
Afdeling 6: Die sin as deel van
kommunikasie
Afdeling 7: Woorde en betekenis
Afdeling 8: Funksionele taalgebruik
-
2 Werksopdragte
-
1 Skriftelike vraestel
Voorgeskrewe handboek:
Meiring, B.A. 2004. Funksionele Afrikaans.
Pretoria: Van Schaik.
ONDERWYSBESTUUR
Kwartaal 1
Afdeling 1: Algemene bestuur (orsig)
Afdeling 2: Konflikhantering
Afdeling 3: Hantering van trauma en krisisse
Afdeling 4: Verbale kommunikasie
Afdeling 5: Vergaderingsprosedure
Voorgeskrewe handboek:
Geen enkele handboek word gebruik nie. Aantekeninge
uit verskillende handboeke, studiegidse en artikels is in 'n bundel saamgestel en word verskaf. Die volgende handboeke is
egter as basis gebruik:
Atkinson, S. 1986. Organisasies aan die
werk. Kaapstad: Perskor
Drucker,
P.F. 1974. Management. London: Heineman.
Huebsch,
J.C. 1985. Kommunikasie 2000. Durban: Butterworth.
Kroon,
J. (red.) 1995. Algemene bestuur. Pretoria: HAUM.
Schoeman,
E. Goeie maniere en etiket. Kaapstad: Human & Rousseau
Strydom, L. 1991. Management communications handbook. Pretoria: MIMS.
Van Heerden, G.J. & Eloff, J.Z. 1987. Toegepaste kommunikasie. Pretoria: Acedemica.
ONDERWYSREG
Afdeling 1: Staatsgesag in suid-afrika
Afdeling 2: Die grondwet
Afdeling 3: Regte en verpligtinge
Afdeling 4: Strukture vir onderwysbeheer
Afdeling 5: Skoolonderwys en die professionele opvoeder
Afdeling 6: Bestuur van 'n skool
Afdeling 7: Taalgebruik in die onderwys
Afdeling 8: Administratiewe geregtigheid
-
1 Werksopdrag
-
1 Skriftelike vraestel
Verpligte handboek:
Oosthuizen, I.J., Rossouw, J.P. & De Wet,
A. 2004. Inleiding tot die Onderwysreg. Pretoria: Van Schaik.
OPVOEDKUNDE I
Kwartaal 1
Afdeling 1: Die eise wat aan die onderwyser gestel word
Afdeling 2: Opvoeding, opvoedkunde en onderwysersopleiding
Afdeling 3: Historiese pedagogiek vir onderwysstudente
Afdeling 4: Die kurrikulum en sillabus in die skool
Afdeling 5: Gestruktureerde onderrig en leer
Afdeling 6: Leer en onthou op skool
-
2 Werkopdragte
-
1 Skriftelike Vraestel
Kwartaal 2
Afdeling 7: Leer van vakinhoude op skool
Afdeling 8: Die onderwysmedia vir doeltreffende onderwys
Afdeling 9: Onderwysmedia vir doeltreffende onderwys
Afdeling 10: Rekenaargebruik in onderwys
Afdeling 11: Sosiale aspekte van die klaskamerpraktyk
Afdeling 12: Lewensoriëntering
Afdeling 13: Bybelonderrig: die teorie en praktyk
Afdeling 14: Die hantering van leerprobleme op skool
Afdeling 15: Administrasie en organisasie van 'n skool
Afdeling 16: Die kind en die onderwyser in die klaskamer:
'n juridiese perspektief
Afdeling 17: Evaluering en die leerling
-
2 Werkopdragte
-
1 Skriftelike Vraestel
Verpligte handboek:
Louw, W.J. 1993. Klaskamerpraktyk. Pretoria: Academia.
OPVOEDKUNDE II
Kwartaal 1
Adeling 1: Neo-natale ontwikkelingsfase
en die babajare
Afdeling 2: Die kleutertydperk
Afdeling 3: Die leefwêreld
van die voorskoolse kind
-
1 Werksopdrag
-
1 Skriftelike vraestel
Kwartaal 2
Afdeling 4: Die middelkinderjare
Afdeling 5: Die ontwikkelingsgang
van die kind gedurende die primêre skooljaar
Afdeling 6: Adolessensie
Afdeling 7: Volwassenheid
-
1 Werksopdrag
-
1 Skriftelike vraestel
Verpligte handboek:
Daar bestaan nie 'n enkele verpligte handboek
nie. Daar is gedeeltes uit verskillende boeke gebruik; waarvan sommige uit druk is, en dit word in die vorm van 'n bundel
aan die student voorsien. Die volgende twee handboeke is egter as basis gebruik:
Louw, D.A. (red.) 1994. Menslike ontwikkeling.
(Tweede uitgawe). Kaapstad : Kagiso
UNISA 1988. Oriëntering in die Pedagogiek.
Studieboekreeks No. 3. Pretoria : Unisa
OPVOEDKUNDE III
Kwartaal 1 & 2
Afdeling 1: Opvoedkunde in Suid-Afrika
gedurende 1990's
Afdeling 2: Voorgestelde veranderings aan onderwys
in 1990
Afdeling 3: Kritiese denke oor die nuutste ontwikkelings
in die onderwys
Afdeling 4: 'n Oorsig oor SAQA
Afdeling 5: Grondliggende begrippe in die didaktiek
Afdeling 6: Die sosiopedagogiek as wetenskap
Afdeling 7: Die gesin in sosiopedagogiese perspektief
Afdeling 8: Die skool in sosiopedagogiese perspektief
Afdeling 9: Multikulturele onderwys
Afdeling 10: Die sosialisering van die leerling
in die skoolsituasie
-
2 Werksopdragte
-
1 Skriftelike vraestel
Kwartaal 3 & 4
Afdeling 11: Sosiale fasette van die klassituasie
Afdeling 12: Riglyne vir opvoedingskommunikasie in die lessituasie
Afdeling 13: Die samelewing in sosiopedagogiese perspektief
Afdeling 14: Dwelm- en alkoholmisbruik
Afdeling 15: Jeugmisdaad
Afdeling 16: Milieugestremdheid
Afdeling 17: Jeugselfmoord
Afdeling 18: Satanisme
Afdeling 19: Kindermishandeling
Afdeling 20: Opvoedingsfoute en verhoudingsversteuringe in die gesinsituasie
-
2 Werksopdragte
-
1 Skriftelike vraestel
Verpligte handboek:
Die studiemateriaal bestaan uit 'n samevoeging van verskeie artikels en uittreksels
wat gefotostateer is en in die bundel saamgevat is. Vanaf kwartaal 2 word die volgende handboek gebruik:
Pretorius, J.W.M. (red.) 2005. Sosiopedagogiek 2000. Pretoria : Van Schaik.
PRAKTIESE ONDERWYS
Praktiese Onderwys is 'n toepassing van al die vakgebiede wat die student reeds bemeester het en word een maal per
jaar, in die klaskamer, in twee sessies ge-evalueer. Die volgende kriteria word gebruik en ook aan die student voorsien vir
voorbereiding.
PRETORIASE AKADEMIE
VIR CHRISTELIK-VOLKSEIE HOËR ONDERWYS
Vak: Praktiese Onderwys; Skoolvak:
______________________ |
Kriteria |
(20 Punte) Lestipe: _______________________ Lesplan
& Uiteensetting: Daar word hier gekyk na die uiteensetting
van die lesplan: Is dit logies, volledig, netjies en maklik leesbaar. Is die lestipe geskik vir die betrokke vak en word
die leerstof maklik daardeur oorgedra? |
(20 Punte) Hulpmiddele: Gebruik die aanbieder hulpmiddele? Word dit effektief aangewend? Is hy/sy gemaklik
met die hantering daarvan? Pas die tipe hulpmiddele aan by die vakinhoud en lesinhoud? |
(40 Punte) Metode
van aanbieding: _____________________________ Kommunikasie met leerders: Watter metode
van aanbieding word gebruik? Is die aanbiedingsmetode effektief t.o.v. die lesinhoud en die graad van die leerders? Hoe
word verbale en nie-verbale kommunikasie aangewend? Is die kommunikasie spontaan, gemaklik en met selfvertroue of gee
dit die indruk van 'n voordrag? Pas die tipe kommunikasie en taalgebruik by die graad van die leerders? Het LEER plaasgevind
deur die kommunikasie? |
(20 Punte) Vraagstelling: Word vraagstelling effektief aangewend? Word vraagtipes afgewissel? Word vrae aan alle leerders
/ klas as geheel gestel en nie net aan sekere leerders nie? Word leerders aangemoedig om vrae te vra? Word vrae met
gesag beantwoord?
|
Algemene Kommentaar: Die assessor
lewer hier kommentaar wat nie onder een van die bovermelde hoofde inpas nie, maar nogtans relevant is tot die aanbieding. |
Aanbevelings: Indien daar spesifieke tekortkominge in die aanbieding was, of spesifieke aanbevelings hoe die aanbieder sy/haar
aanbieding kan verbeter, word dit hier vermeld. |
Finale Punt: |
Assessor: _____________ |
Moderator: _____________ |
Datum: _______ |
REKENAARGELETTERDHEID
Kwartaal 1
Afdeling 1: Inleiding tot rekenaargeletterdheid
Afdeling 2: Woordverwerkingsaktiwiteite
Afdeling 3: Vakbesondere vaardighede en woordverwerking
Afdeling 4: Integrering van woordverwerking in vakonderwys
Afdeling 5: Vakspesifieke voorbeelde van woordverwerking in
skoolvakke
-
2 Werksopdragte
-
1 Skriftelike vraestel
Verpligte handboek:
Daar is geen verpligte handboek wat voorgeskryf is nie. Studente word van 'n bundel afgerolde aantekeninge voorsien.
UITKOMSGERIGTE ONDERWYS
Afdeling 1: UGO: begrip, beginsels en kenmerke
Afdeling 2: Leerareas
Afdeling 3: Leerprogramme
Afdeling 4: Fase-organiseerders en programorganiseerders
Afdeling 5: Makro-, Meso en Mikrobeplanning
Afdeling 6: Groepwerk
Afdeling 7: Kritiese evaluering van UGO.
-
1 Werksopdrag
-
1 Skriftelike vraestel
Verpligte handboek:
Daar is geen voorgeskrewe handboek nie, omdat
alle handboeke slegs op die toepassing van UGO konsentreer, maar nie krities daarna kyk, of alternatiewe konvensionele stelsels
ondersoek nie. Die aantekeninge in die vorm van 'n werkboek en 'n bykomende bundel artikels en verduidelikings word verskaf.
VAKDIDAKTIEK BEDRYFSEKONOMIE
Kwartaal 1
Afdeling 1: Hoe om Bedryfsekonomie as vak aan te bied
Afdeling 2: Vakinhoudelike Bedryfsekonomie op Graad 8-vlak
Kwartaal 2
Afdeling 3: Vakinhoudelike Bedryfsekonomie op Graad 9-vlak
Afdeling 4: Vakinhoudelike Bedryfsekonomie op Graad 10-vlak
-
2 Werksopdragte
-
1 Skriftelike vraestel
Kwartaal 3
Afdeling 5: Vakinhoudelike Bedryfsekonomie op Graad 11-vlak
Kwartaal 4
Afdeling 6: Vakinhoudelike Bedryfsekonomie op Graad 12-vlak
-
2 Werksopdragte
-
1 Skriftelike vraestel
Verpligte handboek:
Geen verpligte handboek word voorgeskryf nie. 'n Werkboek word wel voorsien wat deur 'n kundige opgestel is.
VAKDIDAKTIEK REKENINGKUNDE
Kwartaal 1
Afdeling 1: Hoe om Rekeningkunde as vak aan te bied
Afdeling 2: Vakinhoudelike Rekeningkunde op Graad 8-vlak
Kwartaal 2
Afdeling 3: Vakinhoudelike Rekeningkunde op Graad 9-vlak
Afdeling 4: Vakinhoudelike Rekeningkunde op Graad 10-vlak
-
2 Werksopdragte
-
1 Skriftelike vraestel
Kwartaal 3
Afdeling 5: Vakinhoudelike Rekeningkunde op Graad 11-vlak
Kwartaal 4
Afdeling 6: Vakinhoudelike Rekeningkunde op Graad 12-vlak
-
2 Werksopdragte
-
1 Skriftelike vraestel
Verpligte handboek:
Geen verpligte handboek word voorgeskryf nie. 'n Werkboek word wel voorsien wat deur 'n kundige opgestel is.